
=====================================================================
Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Zoo leert men ... Afrikaans

Gawie Keyser   vertel uit Amsterdam van vrolike sessies vir Afrikaansleerders in die land waar jy "snert" met 'n lepel eet.

In die Seelandse mond maak die "sangerige" uitspraak van Afrikaans hom blykbaar die lekkerste tuis. Vir ander Nederlanders wat op die 
rustige dorpie Driebergen 'n Afrikaanse taalkursus gevolg het, was die dekselse aksent maar net die begin van 'n plesierige "ellende". Want 
s jy nou "toe" of "toen"?

Wat op dees aarde is 'n "kombers"? En 'n "nartjie"?

Afrikaans in Nederland: die verbaasde reaksie van 'n Nederlandse joernalis wat Afrikaans lees, som dit op: "De spelling klopt niet!"

Juis omdat hedendaagse Afrikaans vir Nederlanders tog baie geheime blyk in te hou, is daar 'n behoefte aan 'n taalkursus. In die verlede 
het Afrikaans/Nederlandse woordelyste met 'n kort grammatikale inleiding verskyn, maar 'n intensiewe kursus vir Nederlanders is so ver 
bekend nooit aangebied nie.

In die laaste vyf jaar kom die land toenemend met Afrikaans in aanraking. Saam daarmee neem die nuuskierigheid oor die taal toe. Naas die 
belangstelling wat danksy die historiese verbintenis bestaan, word die Nederlandse taalhonger aangevuur deur 'n algemene belangstelling in 
vreemde tale en kulture. 'n Nederlander wat Griekeland besoek, sal byvoorbeeld nie huiwer om vooraf Grieks te leer nie.

Vandaar dat deelnemers aan 'n Afrikaanse taalkursus op Driebergen hulle in "Kaptein van Hunks en die duiwel" verlustig het, en gehoor het 
dat hulle onder meer moet ophou om die werkwoorde uitvoerig te vervoeg, dat die klinkers anders uitgespreek moet word, dat die "g" tussen 
klinkers wegval.

Gretig het hulle dit alles opgeslurp. Diegene wat gedink het dat hulle Afrikaans maklik kon lees of selfs praat, het in die loop van die 
kursus die teendeel ervaar. Maar n afloop daarvan was baie Nederlandse "leerlinge" egter sigbaar in hul noppies met hul nuutgevonde 
Afrikaanse taalvaardigheid.

Een van hulle was die 26-jarige Gerlinde Schutte,   werksaam by die Suid-Afrikaanse Instituut aan die Amsterdamse Keizersgracht. Sy vind 
Afrikaans 'n "maklik leerbare taal". Tog was daar vir haar baie valstrikke, soos die weglating van letter "g" tussen klinkers en woorde 
soos "kombers", vertel Gerlinde.

"En jy val as Nederlander gou terug op jou eie sinsbou. Baie uitdrukkings moet jy opnuut leer. Die moeilikste is dat jy die Afrikaanse 
grammatika vergeet as jy dit nie in die praktyk gebruik nie. Die kursus was wel 'n prikkeling om soveel moontlik Afrikaans te lees," s sy.

Gerlinde het die "sangerige" uitspraak van Afrikaans byna onmoontlik gevind. Vir 'n deelnemer uit Seeland het die uitspraak egter min 
probleme opgelewer. "So praat ons elke dag," het die Seelander aan die res verkondig.

Die kursus is aangebied deur mev. Anneli Pols-Terre Blanche, voormalige   Engelse onderwyseres uit Pretoria wat die afgelope drie jaar in 
Nederland woon. Die reisvereniging Wereldcontact het dit georganiseer nadat geblyk het dat baie Nederlanders wat Suid-Afrika besoek of vir 
sake met Suid-Afrikaners in aanraking kom, graag Afrikaans wil leer.

"Twee dae nadat ons die kursus geadverteer het, was dit vol," s mnr. Jan Plouvier, hoof van Wereldcontact, wat in die jare sestig tydens 
die   naoorlogse immigrasiegolf tot stand gekom het. Aanstaande jaar word die kursus herhaal en waarskynlik uitgebrei.

'n "Oorweldigende belangstelling" vir meer Afrikaans het geblyk: onder andere het Nederlandse letterkundestudente, sakelui -- selfs uit 
Duitsland -- en "gewone mense" te kenne gegee dat hulle 'n Afrikaanse taalkursus op prys sal stel. Nou al is daar 'n waglys vir die nuwe 
kursus. Mense bel mev. Pols selfs tuis om te hoor of sy vir groepe oor die land heen kan les gee.

"Tydens die kursus vir die Duitse sakelui het geblyk dat hulle kennis van Afrikaans sien as 'n moontlikheid om hul kontakte met die 
bedryfslewe in Suid-Afrika te verbeter. Ander mense het ges dat die kursus hulle prikkel om Afrikaanse literatuur te lees. Hulle wou graag 
weet waar hulle die boeke kan koop," s mev. Pols.

Te midde van die nuwe vriendskaplike verhouding wat tussen die Afrikaanse taalgemeenskap en die Lae Lande ontstaan, word Nederlandse 
skrywers weer in Afrikaans vertaal en word Afrikaanse literatuur toenemend in Nederland en Vlaandere gelees.

Maar is dit ook nodig dat Nederlanders Afrikaans leer om die boeke te lees? "Baie beslis," s mev. Pols. "Tensy jy 'n taalkundige is, is 
dit vir Nederlanders nie maklik om die taal te lees nie. Mense het vir my ges dat hulle dikwels Afrikaans gelees het, maar pas n die 
kursus verstaan hulle dit goed." Dr. Eep Francken, letterkunde-dosent aan die   Rijksuniversiteit, Leiden, s dat Nederlandse studente wat 
Afrikaanse romans behandel, 'n kort inleidende taalles kry.

"Hiermee en met die woordeboek naas hulle vlot die lees van Afrikaans. As 'n student egter 'n diepgaande studie van byvoorbeeld 'n 
Afrikaanse digter wil onderneem, lyk 'n volledige taalkursus vir my 'n goeie idee," s dr. Francken.

Die Nederlandse letterkundige praat Afrikaans byna vlot. Hy het enkele maande aan die Universiteit van Kaapstad les gegee. Hoewel hy geen 
kursus gevolg het nie, het dr. Francken danksy gereelde byeenkomste met Suid-Afrikaanse kollegas, dr. Chris van der Merwe en sy vrou, Bibi, 
baie geleer.

"Dit was nuttig, omdat ek op stelselmatige foute gewys is: deurgaans 'toen' s i.p.v. 'toe'. Tog meen ek dat Afrikaans heel goed vir 
Nederlanders verstaanbaar is, mits dit nie in 'n gewone geselstrant gepraat word nie," s dr. Francken.

Ondanks di belangstelling is Afrikaanse boeke nog steeds slegs hier en daar in Nederland te koop. Nie dat dit die nuwe Afrikaanse 
lesersgroep wat in hierdie Europese land groei, afskrik nie. Inteendeel, dit prikkel die aptyt vir nog meer.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av4212.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

